Tak Skietaktiwiteite



Die tak se skiet-aktiwiteite vind soos per die tak-kalender op die Koos Kruger skietbaan plaas. Besoekers is baie welkom!

Skietoefeninge en/- of kompetisies begin om 08:00. Skietoefeninge beloop R50 per persoon.

Haelgeweer skietoefeninge se kostes hang van die tipe oefening wat geskiet word af en sal aan die lede  gekommunikeer word.

Skiet-kompetisies verskil ook van gewone skiet-aktiwiteite en sal aan lede gekommunikeer word. Verwys  na Houtkapper tak se Skiettabel vir 2022 vir inligting oor watter tabelle wanneer aangebied word.

Let asseblief daarop dat gehoor en oog beskerming verpligtend is en dat vuurwapens ten alle tye in ‘n geweersak of tas na die baan gebring moet word. Wapens mag slegs op die skietpunt op bevel van die baanoffisier uit sakke of tasse verwyder word.
Skietmatte is opsioneel. Bring gerus kampstoele en 'n Gazebo saam vir u eie gemak. Warm baadjies word aanbeveel aangesien die weer vinnig kan verander.

Op gewone takskiet dae is lede verantwoordelik vir hul eie verversings. Tydens kompetisies word borge toegelaat om verversings te verkoop.

Ons poog om na elke skiet ‘n bring en braai te hou waar die braaiers en vure/kole voorsien sal word. Geen alkoholiese verversings sal voor of tydens skiet toegelaat word nie.

Vir enige navra kontak gerus enige van die volgende persone:

Skietkoördineerder - Wimpie Brits

Voorsitter - Wimpie Brits

Ondervoorsitter - Johan Janse van Vuuren

Aanwysings na Koos Kruger skietbaan

 

 

Tak Aktiwiteite

  • Tak Skietaktiwiteite

    Die tak se skiet-aktiwiteite vind soos per die tak-kalender op die Koos Kruger skietbaan plaas. Besoekers is baie welkom!Skietoefeninge en/- Read More
  • Ledevergaderings

    Daar word deur die loop van die jaar 'n paar ledevergaderings/takaande gehou wat bestaan uit 'n kort formele sessie waar Read More
  • Opleiding

    Die Wet op Vuurwapenbeheer 60 van 2000 tesame met sy regulasies, maak voorsiening vir toegewyde lede van 'n geakkrediteerde Jagtersvereniging Read More
  • 1

We have 411 guests and no members online