Vereistes vir die Handhawing asook aansoekprosedure van Toegewyde Sportskutstatus

Toegewyde sprotskut

Die verwerwing van Toegewyde Sportskutstatus voldoen aan die statutêre bepaling van Wet 60 van 2000. Lede wat hierdie status verwerf het, mag ingevolge Artikel 16 van die Wet meer as vier vuurwapens vir sportskietdoeleindes besit.

  • Toegewyde Sportskutstatus is geskik vir lede wat aktief aan sportskietaktiwiteite of kompetisies deelneem.
  • Let wel: Ingevolge die beleid van SA Jagters, word Toegewyde Sportskutstatus slegs toegeken aan lede 16 jaar en ouer.
  • Lede jonger as 16 jaar mag wel die opleiding voltooi maar mag slegs aansoek doen vir en die Toegewyde Status wanneer hulle 16 jaar oud word en die Toegewyde Status aansoek sal daarom slegs ontvang, verwerk en die Toegewyde Status uitgereik word nadat die lid 16 jaar oud geraak het.

Dit word soms beweer dat dit makliker is om Toegewyde Sportskutstatus te verwerf as Toegewyde Jagterstatus en sommige lede registreer dan liewer Toegewyde Sportskutstatus. Onthou dat die aktiwiteitsvereistes vir die handhawing van Toegewyde Sportskutstatus baie strenger is en werklike sportskietaktiwiteite vereis om die status te behou.

Aansoekprosedure vir Toegewyde Sportskutstatus

  1. Lede wat die voorgeskrewe kursus vir Toegewyde Sportskutstatus wil aflê, kan die senior opleier van hul tak kontak om vir opleiding te registreer.
  2. Lede moet die voorgeskrewe kursus vir Toegewyde Sportskutstatus suksesvol voltooi.
  3. Die Tak se opleidingsbeampte stuur die eksamenuitslae en die lid se voltooide en getekende aansoekvorm na die nasionale kantoor om die sertifikaat vir Toegewyde Sportskutstatus uit te reik.
  4. Met die ondertekening van die aansoekvorm onderneem die lid om aan die minimum voorgeskrewe vereistes van die Wet te voldoen en die aktiwiteitsvereistes van SA Jagters na te kom ten einde Toegewyde Sportskutstatus te behou.
  5. Lede word per SMS verwittig dat Toegewyde Sportskutstatus toegeken is en dat hulle die sertifikaat van die aanlyn lede-administrasiestelsel kan aflaai en druk.
  6. Die takke bepaal self die kursusfooi wat die koste van die handleiding, lapwapen, registrasie en uitreiking van die sertifikaat vir Toegewyde Sportskutstatus insluit.
  7. SA Jagters erken Toegewyde Sportskutstatus wat lede by 'n ander geakkrediteerde vereniging verwerf het mits sy/haar lidmaatskap by die spesifieke vereniging op datum is en die opleiding deur sodanige vereniging deur SA Jagters erken word. Die lid moet SA Jagters se aansoekvorm vir die uitreiking van Toegewyde Sportskutstatus voltooi en dit saam met die bewys van lidmaatskap van die geakkrediteerde vereniging, 'n afskrif van die sertifikaat vir Toegewyde Sportskutstatus en bewys van betaling van die eenmalige R200 administrasiefooi stuur aan This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. SA Jagters sal die aansoek verwerk en die Toegewyde Sportskutstatus uitreik.
  8. Vir lede wat Toegewyde Sportskutstatus verwerf het by 'n vereniging waarvan die opleiding nie deur SA Jagters erken word nie, word vereis dat hulle eers SA Jagters se voorgeskrewe eksamen vir Toegewyde Sportskutstatus moet aflê (recognition of prior learning) om aan SAJWV se gestelde vereistes te voldoen. Geen kursusfooi is betaalbaar nie, maar 'n eenmalige administratiewe koste van R200 word gehef vir die uitreiking van Toegewyde Sportskutstatus.
  9. Die lid se ledegeld by SA Jagters moet op datum betaal wees  voordat Toegewyde Sportskutstatus uitgereik kan word.
  10. Lede wat 70 jaar en ouer is kwalifiseer outomaties vir Toegewyde Sportskutstatus sonder om die kursus te voltooi. Die eenmalige administratiewe fooi van R200 is wel van toepassing vir die uitreiking van Toegewyde Sportskutstatus. Sodanige lede voltooi slegs die aansoekvorm vir Toegewyde Sportskutstatus en stuur dit saam met die bewys van betaling van die eenmalige R200 administrasiefooi aan This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Vereistes vir die Handhawing van Toegewyde Sportskutstatus

Die Wet op die Beheer van Vuurwapens bepaal dat 'n geakkrediteerde vereniging 'n stelsel moet hê waarvolgens toegewyde status toegeken en bestuur word. SA Jagters vereis dat lede met Toegewyde Sportskutstatus jaarliks teen 31 Oktober 'n aktiwiteitsverslag indien om toegewyde status te behou. Diegene wat nalaat om aktiwiteite te registreer en dus versuim om aan die bepalings van die Wet te voldoen, se Toegewyde Sportskutstatus sal gekanselleer word.

  • Toegewyde Sportskuts moet aan enige drie sportskietaktiwiteite per jaar deelneem om Toegewyde Sportskutstatus te behou. Dit sluit in 'n amptelike SA Jagters skietaktiwiteit (tak- en streek-skietdag); 'n skietaktiwiteit by 'n ander geakkrediteerde vereniging; en 'n skietoefening op 'n skietbaan waar skuts 'n baanregister moet teken voordat hulle mag skiet.
  • Die bywoning van amptelike aktiwiteite van SA Jagters soos bv. takvergaderings, tak-skietdae en enige ander amptelike skietbyeenkoms word deur middel van die rekenaar-tablet op rekord geplaas.
  • Dit is lede se eie verantwoordelikheid om skietaktiwiteite by ‘n ander geakkrediteerde vereniging op die aanlyn lede-administrasie stelsel aan te bring sodat dit deel kan uitmaak van die vereiste jaarlikse aktiwiteitsverslag.
  • Die aktiwiteite moet voor 31 Oktober van elke jaar gerapporteer word.

Opleidings kostes is: R650,00 wat in die tak se rekening inbetaal moet word

Standerd Bank:            Secunda

Rekening naam:            SAJWV – Secunda

Tak Kode:                    051001

Tjek Rekening no:         133916286

Verwysing:                   SS en Lid no

Toegewyde Sportskut Kursus

Doel van die kursus – Om geleentheidsportskuts die geleentheid te bied om te kwalifiseer as Toegewyde Sportskut wat voldoen aan die statutere bepaling van Wet 60 van 2000. Lede wat hierdie status verwerf kan ingevolge Artikel 16 van die wet verklaar word as Toegewyde Sportskut, dit bied die geleendheid om meer as vier vuurwapens vir sportskiet te besit om aan kompetiesies deel te neem, asook om meer as 200 rontes aan te hou weens die behoefte wat die lid benodig.

Tydsduur – Ongeveer 4 uur oriëntasie klastyd asook ‘n teoretiese toets wat daarna afgelê moet word, met ‘n slaagsyfer van 70%.

Kursusgangers van 16 jaar en ouer met die behoefte om as Toegewyde Sportskuts te kwalifiseer kan deelneem aan hierdie program.

Handleidings sal tydens die kursus voorsien word.

Dit word van die lid verwag om na die afloop van die kursus sy deelname aan skiet kompetiesies en aktiweteite vol te hou om aan die vereiste van status te voldoen. Ten minste 3 SAJWV aktiwiteite vanaf 1 November tot 31 Oktober van die jaar op volgende jaar.

Die lid moet jaarliks ‘n verslag indien by die SAPD met sy/haar aktiweteite om sy/haar status te behou. Die SAJWV help met die indiening van die verslag, maar dit is elke lid se verantwoordelikheid.

Kursus inhoud – die volgende word gedek:

  • Vuurwapen kennis
  • Vuurwapenveiligheid
  • Sportskietaktiwiteite
  • Skietkuns
  • Baanuitleg

Administrasie van kursus

Koste van bywoning is R550.00 en sluit die volgende in:

  • Handleiding
  • Registrasie as Toegewyde Sportskut by SAJWV
  • Aflê van teoretiese toets
  • Sertifikaat en lapwapen

Lede moet 'n afskrif van hul ID dokument vir registrasie dieleindes verskaf.

Lede moet die nodige skryf behoeftes soos: 'n pen en highlighter saambring

Baan Beampte / Offisier Opleiding

Die doel van die kursus is o Baanoffisiere te kwalifiseer vir diens in die tak tydens skietoefening.

Tydsduur – Ongeveer 4 uur oriëntasie klastyd asook ‘n teoretiese toets wat daarna afgelê moet word, met ‘n slaagsyfer van 70% (word saam met die Toegewyde Sportskut kursus aangebied). Daar word 3 skiet dae as baanbeampte diens gedoen, waar waarneming gedoen word, daarna kan die baanbeampte as baanoffisier diens doen.

Kursusgangers van 18 jaar en ouer met die behoefte om as Baanbeampte / Baanoffisier te kwalifiseer kan deelneem aan hierdie program.

Kursus inhoud – die volgende word gedek:

  • Wetgewing
  • Baanoffisiertake en verantwoordelikhede
  • Baanbeampte take en verantwoordelikhede
  • Prosedure by die hantering van ‘n besering
  • Hulpmiddels en toerusting
  • Voorbereiding en opruiming
  • Voorgestelde skietreëls
  • SAJWV skietoefeninge
  • SAJWV georganiseerde skietkompetisies
  • Skietbaanakkreditasie
  • SANS 10353

Handleidings sal tydens die kursus voorsien word as lid nie ‘n Toegewyde Sportskut is nie.

Lid moet ten minste 3 dienste per jaar te doen, as Baanbeampte / Baanoffisier om sy/haar kwalifikasie te behou.

Administrasie van kursus

Koste van bywoning is R650.00 (as lid nie ‘n Toegewyde Spotrskut is nie) en R250.00 (as lid reeds ‘n Toegewyde Spotrskut is en ontvang geen boek nie) en sluit die volgende in:

  • Handleiding
  • Registrasie Koas Baanbeampte / Baanoffisier by SAJWV
  • Aflê van teoretiese toets
  • Sertifikaat en lapwapen

Lede moet 'n afskrif van hul ID dokument vir registrasie dieleindes verskaf.

Lede moet die nodige skryf behoeftes soos: 'n pen en highlighter saambring.

Bewaring

Genl de la Reytak fokus veral op Juniors wat bewaring aanbetref.

Bewaring sluit die Aasvoëlprojek, Cheetahprojek en dan ook die Uilhokprojek.

 

Tak Aktiwiteite

  • Tak Skietaktiwiteite

    Die tak se skiet-aktiwiteite vind soos per die tak-kalender op die Koos Kruger skietbaan plaas. Besoekers is baie welkom!Skietoefeninge en/- Read More
  • Ledevergaderings

    Daar word deur die loop van die jaar 'n paar ledevergaderings/takaande gehou wat bestaan uit 'n kort formele sessie waar Read More
  • Opleiding

    Die Wet op Vuurwapenbeheer 60 van 2000 tesame met sy regulasies, maak voorsiening vir toegewyde lede van 'n geakkrediteerde Jagtersvereniging Read More
  • 1

We have 43 guests and no members online