Vereistes vir die Handhawing asook aansoekprosedure van Toegewyde Jagterstatus

Toegewyde Jagters

Die verwerwing van Toegewyde Jagterstatus wat SA Jagters toeken, voldoen aan die statutêre bepaling van Wet 60 van 2000 soos gewysig. Lede wat hierdie status verwerf het, mag ingevolge Artikel 16 van hierdie Wet meer as vier vuurwapens vir jagdoeleindes besit.

  • Toegewyde Jagterstatus is geskik vir lede wat gereeld jag en aan takaktiwiteite deelneem.
  • Let wel: Ingevolge die beleid van SA Jagters, word Toegewyde Jagterstatus slegs toegeken aan lede 16 jaar en ouer.
  • Lede jonger as 16 jaar mag wel die opleiding voltooi maar mag slegs aansoek doen vir  die Toegewyde Status wanneer hulle 16 jaar oud word en die Toegewyde Status aansoek sal daarom slegs ontvang, verwerk en die Toegewyde Status uitgereik word nadat die lid 16 jaar oud geraak het.

Aansoekprosedure vir Toegewyde Jagterstatus

  1. Lede wat die voorgeskrewe kursus vir Toegewyde Jagterstatus wil aflê, kan die senior opleier van hul tak kontak om vir opleiding te registreer.
  2. Nadat lede die eksamen vir Toegewyde Jagterstatus suksesvol voltooi het, moet hulle die praktiese SAJWV-skiettoets aflê.
  3. Die Tak se opleidingsbeampte stuur die eksamenuitslae en die lid se voltooide en getekende aansoekvorm na die nasionale kantoor wat die sertifikaat vir Toegewyde Jagterstatus sal uitreik.
  4. Met die ondertekening van die aansoekvorm onderneem die lid om aan die minimum voorgeskrewe vereistes van die Wet te voldoen en die aktiwiteitsvereistes van SA Jagters na te kom ten einde Toegewyde Jagterstatus te behou.
  5. Lede word per SMS verwittig dat Toegewyde Status toegeken is en dat hulle die sertifikaat van die aanlyn lede-administrasiestelsel kan aflaai en druk.
  6. Die takke bepaal self die kursusfooi wat  die koste van die handleiding, lapwapen, registrasie en uitreiking van die sertifikaat vir Toegewyde Jagterstatus insluit.
  7. SA Jagters erken Toegewyde Jagterstatus wat lede by 'n ander geakkrediteerde vereniging verwerf het mits sy/haar lidmaatskap by die spesifieke vereniging op datum is en die opleiding deur sodanige vereniging deur SA Jagters erken word. Die lid moet SA Jagters se voorgeskrewe aansoekvorm vir die uitreiking van Toegewyde Jagterstatus voltooi en dit saam met die bewys van lidmaatskap van die geakkrediteerde vereniging, 'n afskrif van die sertifikaat vir Toegewyde Jagterstatus, en bewys van betaling van die eenmalige R200 administrasiefooi stuur aan This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. SA Jagters sal die aansoek verwerk en die Toegewyde Jagterstatus uitreik.
  8. Persone wat Toegewyde Jagterstatus verwerf het by ’n vereniging waarvan die opleiding nie deur SA Jagters erken word nie, moet eers SA Jagters se voorgeskrewe eksamen vir Toegewyde Jagterstatus aflê (recognition of prior learning) om aan SAJWV se gestelde vereistes te voldoen. Geen kursusfooi is betaalbaar nie, maar 'n eenmalige administratiewe koste van R200 word gehef vir die uitreiking van die sertifikaat vir Toegewyde Jagterstatus.
  9. Die lid se ledegeld by SA Jagters moet op datum betaal wees voordat Toegewyde Jagterstatus uitgereik kan word.
  10. Lede wat 70 jaar en ouer is, kwalifiseer outomaties vir Toegewyde Jagterstatus sonder om die kursus te voltooi. Die eenmalige administratiewe fooi van R200 is wel van toepassing vir die uitreiking van Toegewyde Jagterstatus. Sodanige lede voltooi slegs die aansoekvorm vir Toegewyde Jagterstatus en stuur dit saam met die bewys van betaling van van die eenmalige R200 administrasiefooi aan This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Vereistes vir die Handhawing van Toegewyde Jagterstatus

Die Wet op die Beheer van Vuurwapens bepaal dat ‘n geakkrediteerde vereniging ‘n stelsel moet hê waarvolgens toegewyde status toegeken en bestuur word. SA Jagters vereis dat lede met Toegewyde Jagterstatus jaarliks voor of op 31 Oktober ‘n aktiwiteitsverslag indien om toegewyde status te behou. Diegene wat  nalaat om aktiwiteite te registreer en dus versuim om aan die bepalings van die Wet te voldoen, se Toegewyde Jagterstatus sal gekanselleer word.

  • Toegewyde Jagters moet aan enige twee jagverwante aktiwiteite per jaar deelneem om Toegewyde Jagterstatus te behou, bv. 'n jagtog en die bywoon van 'n amptelike SA Jagters sosiale byeenkoms of skietaktiwiteit (tak- en streek-skietdag).
  • Amptelike SA Jagters aktiwiteite soos bv. takvergaderings, tak-skietdae en enige ander amptelike Tak- of skietbyeenkoms word deur middel van die takke se rekenaartablet op rekord geplaas.
  • Dit is lede se eie verantwoordelikheid om inligting oor jagtogte en skietaktiwiteite by ‘n ander geakkrediteerde vereniging op die aanlyn lede-administrasie stelsel aan te bring sodat dit deel kan uitmaak van die vereiste jaarlikse aktiwiteitsverslag.
  • Die aktiwiteite moet voor 31 Oktober van elke jaar gerapporteer word.

 

Opleidings kostes is: R650,00 wat in die tak se rekening inbetaal moet word

Standerd Bank:            Secunda

Rekening naam:            SAJWV – Secunda

Tak Kode:                    051001

Tjek Rekening no:         133916286

Verwysing:                   TJ en Lid no

Tak Aktiwiteite

  • Tak Skietaktiwiteite

    Die tak se skiet-aktiwiteite vind soos per die tak-kalender op die Koos Kruger skietbaan plaas. Besoekers is baie welkom!Skietoefeninge en/- Read More
  • Ledevergaderings

    Daar word deur die loop van die jaar 'n paar ledevergaderings/takaande gehou wat bestaan uit 'n kort formele sessie waar Read More
  • Opleiding

    Die Wet op Vuurwapenbeheer 60 van 2000 tesame met sy regulasies, maak voorsiening vir toegewyde lede van 'n geakkrediteerde Jagtersvereniging Read More
  • 1

We have 47 guests and no members online